Nood Lyn

Nood Lyn Benodig jy gebed in jou nood? Egskeiding berading, Dood berading. Truma, Selfmoord, Drank Probleme, Verslawing. Mishandeling. Verlies. Mishandeling

Gebed Nood, Gebed versoek, Truma, Selfmoord, Drank Probleme, Verslawing.

08/10/2024

Te lank te stil. SOMS sluk die wereld jou in sy male gejaag. Maar, Dank die Vader. Mens Kom Dan weer tot besef.... Stadiger. EN ons Hemel se Veder sè, my kind Kom sit so bietjie my my voete , raak still en LUISTER.

09/10/2023

I THESSALONICENSE‬ ‭5:11‬ ‭"Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen".
‭‭I KORINTHIËRS‬ ‭13:3‭ En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
[4] Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,
[5] handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,
Leiers ag ander hoër as hulself. D**k voor hulle praat. Wees bemoedigend. Wees gou om te vergewe. Wees begripvol. Geen geskinder nie. Hou ander se geheime. Deel kennis. Bly nederig. Wees positief!

“'n Goeie leier inspireer ander met vertroue in hom; ’n groot leier inspireer hulle met selfvertroue.”

‭Ons as kinders van moet ons bewus wees van wat ander doen, hul pogings toejuig, hul suksesse erken en hulle aanmoedig in hul strewe. Wanneer ons almal mekaar help, wen almal.”
Geseënde week.

29/11/2022

Wandel deur die Gees

Galasiërs 5:16 (NLV) Daarom sê ek: Wandel deur die Gees, en julle sal nie die begeerlikhede van die vlees bevredig nie
"Wandel deur die Gees"
en "gelei word deur die Gees" verwys na dieselfde ding. "Om deur die Gees gelei te word" beklemtoon die Gees se inisiatief en bekwaamheid. “Wandel deur die Gees” beklemtoon ons gevolglike gedrag. Die Gees lei ons deur begeertes te skep om God te gehoorsaam, en ons wandel deur daardie begeertes in aksie te vervul. Dus, om die wil van God te wil doen en dan die wil van God te doen. Galasiërs 5:22-23 “Maar die vrug van die Gees [die resultaat van Sy teenwoordigheid in ons] is liefde [onselfsugtige besorgdheid oor ander], vreugde, [innerlike] vrede, geduld [nie die vermoë om te wag nie, maar hoe ons optree terwyl ons wag], vriendelikheid, goedheid, getrouheid, 23 sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar geen wet nie.”
Die vrug van die Gees is wat in jou lewe verskyn wanneer jy “deur die Gees wandel”. Daar is drie beelde van die Gees se werk in ons lewe: "wandel deur die Gees", "word gelei deur die Gees" en dra "die vrug van die Gees" Wat God behaag, is om deur die Gees te wandel en deur die Gees gelei te word en die vrug van die Gees te dra! Romeine 7:18 "Want ek weet dat niks goeds in my woon nie, dit is in my vlees."
Die Gees met wandel gee ons die regte voeding wanneer ons dit nodig het. Vir ons lewens, sal Hy ons gehoorsaamheid aan die geskrewe Woord van God verwag. Maar dit is deel van ons menslike probleem dat ons graag vol van die Gees wil wees en tog aangaan en maak soos ons wil! “Vir my is die beste tyd om te bid die oomblik wat 'n gespanne situasie of 'n ongeestelike houding my oorval. God die Heilige Gees is altyd daar, gereed om my te help om oorwinning te behaal in die geestelike gevegte waarmee ek te kampe het – groot of klein.” Word vandag deur die Gees gelei, deur in die Gees te wandel, en die vrug van die Gees te dra.
Geseënde dag

17/09/2022

Die sleutel van gebed

God sal nie outomaties alles vir ons doen nie. In plaas daarvan het Hy vir ons 'n sleutel gegee om te gebruik, wat gebed is. Gebed is 'n voorreg wat God ons gee waar Hy ons laat deelneem aan Sy wil wat op aarde voltrek word

Matt 6:10 Laat u koninkryk kom, laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

Deur gebed ontwikkel ons 'n verhouding met God. Gebed is om met God te praat, om Hom te laat weet wat op ons hart is. Psalm 62:8 Stort jou hart voor Hom uit. Om jou hart uit te stort, is om ,vir iemand jou geheime gevoelens en dinge te vertel wat jou bekommer aan jou oor te dra aangesien jy hierdie slegte gewoonte aangeleer het om nie te luister nie.”
Jakobus 4:8 “Nader tot God en Hy sal tot julle nader.”
Psalms 77:1 “Ek het met my stem tot God geroep; Aan God met my stem; En Hy het na my gehoor.”

07/09/2022

“Kyk hoe groei die lelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie, maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. As God die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre in die vuur gegooi word, só mooi maak, hoeveel te meer sal Hy julle versorg, julle kleingelowiges! Julle moet julle ook nie gedurig afvra wat julle gaan eet of drink nie, en julle moenie besorg wees nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges in die wêreld begaan is, maar julle het ’n Vader wat weet dat julle dit nodig het. Beywer julle vir sy koninkryk, dan sal Hy julle ook hierdie dinge gee … Skaf vir julle ’n beurs aan wat nie leeg raak nie, ’n onuitputlike rykdom in die hemel, waar geen dief dit kan bykom en geen mot dit kan verniel nie. Waar julle skat, is daar sal julle hart ook wees” (Lukas 12:27-34). Wees Geseënd in die dag Liefde Pastoor en Aletta

30/05/2022

Probleme veroorsaak dat ons op God vertrou

Ek wil vanoggend met 'n lied begin, "Vertrou op die Here en moenie wanhoop nie, Hy is 'n vriend so waar! Maak nie saak wat jou probleme is nie, Jesus sal jou deursien. Sing, as die dag helder is, Sing, deur die donkerste nag. Elke dag, al die pad, laat ons sing, sing, sing!

Probleme veroorsaak dat ons op God vertrou. In 1 Samuel 30:6 sien ons dat Dawid baie benoud was.

1 Samuel 30: 4 “Toe het Dawid en die manskappe wat by hom was, hul stem verhef en geween totdat hulle nie meer mag gehad het om te ween nie. 5 En Dawid se twee vroue,... gevange geneem is. 6 En Dawid was baie benoud, want die volk het gepraat om hom te stenig, want die siel van die hele volk was bedroef, elkeen oor sy seuns en sy dogters. Maar Dawid het hom versterk in die Here sy God.

Vers 6 in The King James Version is strong: “But David encouraged himself in the Lord.” Daar sal tye wees wanneer ons met onsself moet praat. Wanneer dit lyk asof alles verlore is en dit voel dat daar geen hoop is nie, moet ons weet hoe om onsself aan te moedig en te versterk. Dawid het homself heeltemal alleen bevind. Daar was niemand anders aan sy kant nie. Niemand, behalwe die God wat hy gedien het. So, hy het homself bemoedig in die Here.

Soos Dawid, is baie van ons ontsteld oor ons seuns, dogters, familie, vriende en die toekoms. Stel jou David se situasie voor. Dit het gelyk of sy vyand hom oorwin het. Sy familie is gevange geneem. Sy eie manne het teen hom gedraai.

Dawid het geweet dat geen strydwaens of perde hom kon help as hy nie God se seën gehad het nie. Hy het dit geweet omdat hy onthou het: Psalm 20:7 Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar ons vertrou op die Naam van die Here ons God.

Dawid het geweet dat geen strydwaens of perde hom kon help as hy nie God se seën gehad het nie. Hy het dit geweet omdat hy onthou het hoe die Here hom in die verlede gehelp het.

1 Samuel 17:46-48 Vandag sal die Here jou oorwin, en Ek sal jou doodmaak en jou kop afkap. En dan sal Ek die lyke van julle manne aan die voëls en wilde diere gee, en die hele wêreld sal weet dat daar 'n God in Israel is! 47 En almal wat hier vergader sal weet dat die Here sy volk red, maar nie met swaard en spies nie. Dit is die Here se stryd, en Hy sal jou vir ons gee!” 48 Toe Goliat nader beweeg om aan te val, het Dawid vinnig uitgehardloop om hom te ontmoet.

Wanneer jy benoud en moedeloos voel, onthou hoeveel keer God jou verlos het, en jy sal bemoedig word.

Wanneer niks anders sal werk nie, bemoedig jouself in die Here. Doen dit met die woord van God. "Rest assured, if you walk with Him and look to Him and expect help from Him, He will never let you down. " George Mueller
Geseënde dag

27/05/2022

Exodus 15:26 “...Ek is die Here wat jou gesond maak.”
*Boodskap* : “Ek is die Here. Ek sal sorg dat jy gesond bly.”
*Nuwe vertaling* : “...want dit is Ek, die Here, wat julle
gesond hou.”
Dit is die eerste belofte, van genesing, wat God aan Israel
gegee het. Dit was gegee so pas nadat Hy hulle verlos het uit slawerny.
Maar nou, in een nag, vind een van die grootste wonders op aarde plaas, en dit is dat God hulle as volk gesond maak en beloof om hul gesond te hou, indien hulle na Sy gebooie luister
en dit doen.
Psalm 105:37 Toe het Hy hulle laat uitgaan met silwer en goud, en onder sy stamme was daar *niemand wat struikel nie.*

Ydan sal jy vind dat Israel nie alleen met baie
besittings Egipte verlaat het nie, maar dat daar niemand onder hulle was wat swak en siek was nie.
*“The Living Bible”*
Psalm 105:37 “...and (He) brought His people safely out from Egypt loaded with silver and gold; there were no sick and feeble (swak) folk among them.” Niemand wat siek was nie, Ja, die Bybel sê dit, en daarom glo ek dit. Deut. 29:5 “En Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn laat trek; julle klere het aan julle nie verslyt nie, ewemin jou skoen aan jou voet.” Die Here wil ons gesond maak en gesond hou. Glo dit vir jouself en bely dit oor jou geliefdes.

24/05/2022

Mat 5:3 (53-vertaling).Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.”
Mat 5:3 (83-vertaling). Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel”
Die1953 vertaling praat van: “Salig is die wat arm van gees is...” Dit het tot allerlei eienaardige verklarings aanleiding gegee. Sou dit dalk dui op iemand wat geestelik versteurd is of op iemand wat letterlik worstel met armoede? Die uitleg uit die oorspronklike tale help ons egter uit dié verknorsing. Die Hebreeuse en Aramese woord vir armoede het 'n interessante ontwikkeling deurgegaan: iemand wat letterlik arm is, het geen mag gehad om noemenswaardige invloed uit te oefen nie. En omdat hulle geen invloed gehad het nie, is sulke mense deur die samelewing verag en geminag. Omdat hierdie mense deur die samelewing verag is, kon hulle alleen hul hand na God toe uitsteek om hulle totale afhanklikheid van God te bely. Om in volle ootmoed, gebonde aan die lewende God te leef; om innerlik te verstaan dat uiterlike dinge geen sekuriteit kan bied nie, lê aan die wortel van ware Christen wees. 'n Lewe in totale afhanklikheid van God beteken om ryk te wees in dié dinge wat eintlik saak maak. Al ondervind Smirna (vgl. Openb 2:9) groot verdrukking en armoede, is hulle tog ryk in die geestelike dinge.
Ook dié mense wat treur oor hulle sonde en geestelike bankrotskap kry die versekering dat hulle vertroos sal word. Hulle hartseer is nie oor hul eie verlies nie, maar oor God se eer. Ons vertroosting lê daarin dat ons met opgewondenheid kan bely dat ons aan ons verlosser Jesus Christus behoort.
Here Jesus, ons verklaar ons totale afhanklikheid aan U.
Geseëndes week
Liefde

23/04/2022

Hand 20:24 “Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie...”
Deur nie bekommernis en stres toe te laat om hom te oorheers nie, kon Paulus ń lewe van sukses leef. Derhalwe kon hy sê: “sodat ek met blydskap my lewe kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het”
Indien jy en ek sukses wil bereik sal ons moet weet hoe om stres te oorwin.
Ai, as ons maar net wil luister na Jesus se raad oor stres en bekommernis
Matt. 6:25-34.Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.
Doen introspeksie (ontleed jou binneste) en wees eerlik
met jouself. Identifiseer jou probleem sodat jy dit ń naam kan gee.
Iets wat nie ń naam het nie is moeilik om te hanteer.
Sit dan die probleem onder jou voete
Efe. 1:22 En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,
(As jy iets “onder jou voete sit” meen dit dat jy oor dit heers.) Spreek dan jou probleem aan deur God se Woord.
Vind iemand betroubaar met wie jy jou hartsake kan deel. Daar is groot krag in saamstem volgens
Matt. 18:19.Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.
Luister na goeie musiek en
leer om weer te lag! Geseënde dag Liefde Pastoor en Aletta.

13/04/2022

Exodus 15:26 “...Ek is die Here wat jou gesond maak.”
*Boodskap* : “Ek is die Here. Ek sal sorg dat jy gesond bly.”
*Nuwe vertaling* : “...want dit is Ek, die Here, wat julle
gesond hou.”
Dit is die eerste belofte, van genesing, wat God aan Israel
gegee het. Dit was gegee so pas nadat Hy hulle verlos het uit slawerny.
Maar nou, in een nag, vind een van die grootste wonders op aarde plaas, en dit is dat God hulle as volk gesond maak en beloof om hul gesond te hou, indien hulle na Sy gebooie luister
en dit doen.
Psalm 105:37 Toe het Hy hulle laat uitgaan met silwer en goud, en onder sy stamme was daar *niemand wat struikel nie.*

Ydan sal jy vind dat Israel nie alleen met baie
besittings Egipte verlaat het nie, maar dat daar niemand onder hulle was wat swak en siek was nie.
*“The Living Bible”*
Psalm 105:37 “...and (He) brought His people safely out from Egypt loaded with silver and gold; there were no sick and feeble (swak) folk among them.” Niemand wat siek was nie, Ja, die Bybel sê dit, en daarom glo ek dit. Deut. 29:5 “En Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn laat trek; julle klere het aan julle nie verslyt nie, ewemin jou skoen aan jou voet.” Die Here wil ons gesond maak en gesond hou. Glo dit vir jouself en bely dit oor jou geliefdes.
Pastoor en Aletta .

07/04/2022

2 Tim 1:6 “Om hierdie rede herinner ek jou daaraan
om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande.”
*Nuwe vertaling:* “die genadegawes moet soos ń vuur aangeblaas word.” *Amplified* : “stir up – rekindle the embers (die kole) fan the flame and keep burning the gift of God...that is in you...”
Ek weet nie hoekom ons altyd alles wat ons nodig het soek asof dit van buite af moet kom nie? Een van die Engelse vertalings vertel ons watter wonderlike Heilige Gees God aan ons gegee het: *Amplified* Joh. 15:26 “But when the Comforter (Counselor; Helper; Advocate; Intercessor; Strengthener) comes...He will testify regarding Me.”
Ja die Heilige Gees is ons Raadsman; Berader; Helper;
Advokaat; Middelaar; asook die een wat ons versterk. God se Gees is meer as net ń geestelike ondervinding.
Jy moet seker maak waarvoor die Here jou geroep het en wat Sy doel is in jou lewe, want jy sal alleenlik ń vervulde mens
wees as jy doen waarvoor God jou geroep het.
Jy vra my: Hoe wakker ek God se gawes aan in my lewe?
Jy sal ń passie voel brand in jou hart wat die Here wil hê jy moet doen. Doen dit!
Bid oor die gawe (hierdie passie) wat in jou hart is en bekom alle kennis rakende hierdie gawe, veral wat die Bybel daaroor leer. Maar moenie net bid en lees nie, spring aan die werk en
beoefen jou gawes soos wat daar geleenthede kom.
As jou gawe is om vir siekes te bid, moet jy nie net vir
iemand sê jy sal aan hulle “dink” nie...gaan bid vir hulle!
Dit geld vir enige gawe in jou. Geseënde dag Liefde Pastoor en Aletta.

Address

Clarens
9700

Telephone

+27824626286

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nood Lyn posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share