10/07/2026
Monzel
Met groot hartseer neem ons afskeid van ons geliefde Monzel. Sy het so dapper geveg in haar stryd teen kanker.
Vir 25 jaar was sy deel van die jewelcraft familie. Haar toewyding, vriendelikheid, lojaliteit en passie het ʼn blywende indruk op almal gemaak.
Haar nalatenskap leef voort in die herinneringe wat ons deel en die verskil wat sy in soveel lewens gemaak het. Ons sal jou altyd lief hê en met groot dankbaarheid wat jy vir ons gedoen het. Ons gun jou hemelse vrede, geluk en rus.
Lief vir jou!
Jewel Craft familie